Belangrike datums, tye en sake
Vrydagoggend 05:00-06:00 Manne-Bid-en-Koffie:
Die manne word hartlik uitgenooi om te kom meedoen in die kerksaal – mans is die geestelike leiers in ons gesinne – kom manne, word deel en neem jou priesterskap op – jy sal verryk word in hierdie samekoms!
Gemeente Biduur – Dinsdae 08:00-09:00 in die konsistorie. Gebed is ‘n belangrike deel van kerkwees! Kom bid saam vir ons gemeente, sake van die dag asook wat op jou hart mag wees.
Vroue Bybelstudie groep – Dinsdae om 10:00 hier in die kerk. Dit is n heerlike reis van geestelike groei – jy is baie welkom liewe vrou.
Erediens-tye elke Sondagoggend:
Sedgefield – 08:45
Karatara – 10:30
Kategese-tye elke Sondagoggend:
Sedgefield – 09:45
Karatara – 9:30
Pinkster 2024
Koinonia Sinode / Dolering
Gebeurtenisse / Nuus
- Basaar vir 2024 word afgestelVandag is ons jammer om julle mee te deel dat ons nie Basaar gaan hê hierdie jaar nie. As gevolg van die uitdagings in die gemeente op die oomblik, het ons besluit om die Basaar wat op 30 November 2024 sou plaasvind, af te stel.
- Hoop in onseker tye – Spesiale Dienste
- Gemeente inligtingsessie – 1 Junie 2024Omstrede sinode besluite Die kerkraad het dit noodsaaklik geag, gegewe woelinge in die gemeente, om ‘n inligting sessie te hou te Sedgefield. Ons het 5 sprekers genooi om ons as kerkraad, en u as gemeente, so volledig moontlik toe te rus om lewensbelangrike/ewigheidsbesluite te neem. Dit sal baie help as u vooraf, tussen nou en Donderdag vir ons ‘n aanduiding kan gee of u dit sal bywoon. Ons het getalle nodig om die nodige reẽlings te tref, aangesien die vrouediens verversings, tee en koffie gaan bedien. U sal dan ook reeds geregistreer wees en kan dan Saterdagoggend net aanmeld sodat u naam afgemerk kan word. Stuur asb vir Christa u boodskap van bevestiging op haar selnommer: 082 828 9118. Daar gaan ook tyd ingeruim word vir vrae. Bring asb ‘n pen saam om u vraag neer te skryf op die papier, wat aan u voordien sal word. As u ‘n epos-adres het, sal dit gaaf wees om dit te verskaf sodat, indien u vraag dalk nie beantwoord kan word nie, dit later via epos gedoen kan word. Registrasie begin reeds om 08:00 – 08:30. Daarna volg ‘n Aanbiddingsessie wat sal afsluit met Skriflesing en gebed. Die verrigtinge begin stiptelik om 09:00
- Instansie uitbetalings
- Pinkster 2024 – Herontdek die Heilige Gees
- Opstandingsdiens 2024Kom deel in Sondag 31 Maart se diens – almal is welkom.
- Goeie Vrydag PaasdiensteTema: “Deur die kruis kom God op ‘n besonderse manier na ons” Geseënde Paasfees
- Basaar inkomste vir Sedgefield 2024
- Basaar: Dankie aan die Donkiekar BoereorkesBaie dankie aan die Donkiekar Boereorkes vir die lekker musiek wat julle vir ons gespeel het gedurende die basaar in Sedgefield. Ons voete het gejuk om te dans en die lywe het gewieg saam met die ritme! Kontak gerus vir Brian vir besprekings. Sy nommer is: 083 292 1788
- Vleisverkope te Sedgefield Kerk – Maandag, 11 Maart om 10h00
- Baie dankie vir ‘n besonderse Basaar
- Sondag, 3 Maart 2024 – Erediens
Ons Erediens-opnames
- Oproep tot heiligheidDiens Datum 24 November 2024 Predeker: Ds Hennie Prinsloo Teks: 1 Pet. 1:13 – 2:3
- Die beste ambisieDiens Datum 17 November 2024 Predeker: Ds Hennie Prinsloo Teks: Fil 3:1-14
- Die Wil van die Here vir huwelike, gesinne / familiesDiens Datum 10 November 2024 Predeker: Ds Fanie Bergh Teks: Efes. 5: 21 – 6 : 4; Kol 3 : 18-21
- Verhoudinge – moenies & moetsDiens Datum 03 November 2024 Predeker: Ds Fanie Bergh Teks: Efes 4:25 – 5:5
- Die versoekingDiens Datum 23 Oktober 2024 Predeker: Dr. Francois Carr Teks: Jes 38:18 – Jes 39:1-8
- Om God te glo vir onmoontlikeDiens Datum 22 Oktober 2024 Predeker: Dr. Francois Carr Teks: Jes 38:15-17
- Rus in my gedagtes en hartDiens Datum 21 Oktober 2024 Predeker: Dr. Francois Carr Teks: Jes 38:9-14
- Hoop in Sy Woord en BeloftesDiens Datum 20 Oktober 2024 – Aanddiens Predeker: Dr. Francois Carr Teks: Jes 38:4-8
- Om goed te eindigDiens Datum 20 Oktober 2024 Predeker: Dr. Francois Carr Teks: Jes. 38 : 1-3
- Wysheid op aanvraag beskikbaarDiens Datum 13 Oktober 2024 Predeker: Ds. Hennie Prinsloo Teks: Jak 1:8
- GeloofsoëDiens Datum 06 Oktober 2024 Predeker: Ds Fanie Bergh Teks: 2 Kon 6 : 8-23