Ons gemeente het die voorreg om 2 persone tot ons geloofsfamilie te voeg. Hierdie persone het deur die opleiding gegaan, waarna hulle in onderhoude gewys het dat hulle wel belydenis van geloof kan aflê. Op 21 Maart 2021 is beide Cailem Beltasar en Aubrey Robertson geleentheid gebied om voor die gemeente hulle geloof te bely. As kerk, is dit ons verantwoordelikheid om hulle te ondersteun in die geloof en hulle in ons gebede te hou.
Baie geluk Cailem Beltasar en Aubrey Robertson met hierdie stap. Mag die simboliese lig van die kerse wat julle opgesteek het julle lig vir die Here laat brand deur die diens en getuienis wat julle in die toekoms gaan gee.