Omstrede sinode besluite
Die kerkraad het dit noodsaaklik geag, gegewe woelinge in die gemeente, om ‘n inligting sessie te hou te Sedgefield.
Ons het 5 sprekers genooi om ons as kerkraad, en u as gemeente, so volledig moontlik toe te rus om lewensbelangrike/ewigheidsbesluite te neem.
Dit sal baie help as u vooraf, tussen nou en Donderdag vir ons ‘n aanduiding kan gee of u dit sal bywoon. Ons het getalle nodig om die nodige reẽlings te tref, aangesien die vrouediens verversings, tee en koffie gaan bedien. U sal dan ook reeds geregistreer wees en kan dan Saterdagoggend net aanmeld sodat u naam afgemerk kan word.
Stuur asb vir Christa u boodskap van bevestiging
op haar selnommer: 082 828 9118.
Daar gaan ook tyd ingeruim word vir vrae. Bring asb ‘n pen saam om u vraag neer te skryf op die papier, wat aan u voordien sal word. As u ‘n epos-adres het, sal dit gaaf wees om dit te verskaf sodat, indien u vraag dalk nie beantwoord kan word nie, dit later via epos gedoen kan word.
Registrasie begin reeds om 08:00 – 08:30. Daarna volg ‘n Aanbiddingsessie wat sal afsluit met Skriflesing en gebed.
Die verrigtinge begin stiptelik om 09:00