SUIWER WOORDBEDIENING
Diensgroep vir Erediensbediening
Doelwitte
- Om kommunikasie en kontak tussen hierdie diensgroep en ons twee leraars te handhaaf.
- Dat albei ons leraars jaarliks minstens een opleidingsgeleentheid en een retraite bywoon.
- Om deel te wees daarvan dat eredienste sinvol, verantwoordelik, kreatief en vernuwend ingerig word.
- Dat daar voortdurend vir lidmate geleentheid geskep word om eredienste, prediking en liturgie te evalueer.
- Om te help dat die kerkjaar in die eredienste beslag kry.
- Dat die gebruike, simbole, fees- en ander dienste van die kerkjaar in die aankondigings en in die Vleiloerie/Verkleurmannetjie verduidelik word. En dat hierdie dienste, simbole en gebruike aanskoulik gemaak word deur die deelname van doop- en belydende lidmate.
- Om praktiese verantwoordelikhede wat die wykskerkraad aan hierdie diensgroep opdra, uit te voer bv hang van kanselklede, verwelkoming by die deure, benoeming van persone om by die nagmaalstafel aan te sit, die opstel van die gemeente se jaarprogram.
- Om toe te sien dat ‘n Gebedsaksiegroep selfstandig optree en alle gebedsaangeleenthede van die gemeente hanteer.
- Om musiek en sang ‘n integrale en sinvolle deel van die godsdiensbeoefening van gemeentelede te help maak.
- Om lidmate se Christenwees te verryk.
- Om by lidmate ‘n liefde vir kerkmusiek en die Liedboek te help skep.
- Om die verskillende ouderdomsgroepe en musieksmake van ons lidmate te probeer akkommodeer.
- Om God deur ons sang en musiek te verheerlik.
Diensgroep vir Gebed
Hierdie diensgroep het pas as selfstandige diensgroep begin funksioneer en moet nog hulle doelwitte formuleer. Dit sal dadelik aan die gemeente deurgegee word en uiteiendelik in hierdie ruimte geplaas word.
BEDIENING VAN LIDMATE
Areas, Blokke en Buurte
Ons het die tradisionele wykstelsel vervang met die volgende struktuur:
Drie Areas
Die gemeente is verdeel in drie min of meer ewe groot areas, elk met ‘n ouderling as arealeier. Sy pligte en verantwoordelikhede sluit in:
- Hou kontak met blokleiers, vergader minstens een keer per kwartaal as ‘n span en doen skriftelik verslag aan wykskerkraad.
- Besoek nuwe intrekkers asook huisgesinne waar nood is soos gerapporteer deur die blokleier.
- Reël met wykskerkraad vir verkiesing van vervangende blokleier.
- Skakel met leraar oor probleemgevalle in die area.
- Hou leraar op hoogte van belangrike momente in spesifieke huisgesinne se lewens.
Hierdie doelwitte word bereik deur die volgende aksies te neem:
- Toegespitse huisbesoek en die opleiding van blokleiers;
- Skakel met die Diensgroepe vir Jeugbediening mbt tieners
- Huisbesoek: area- en blokleiers soos benodig en deur praktyk voorgeskryf; buurtleiers maak minstens een keer per kwartaal kontak – uitdeel van inligtingstukke, terugvoer aan lidmate voor kerksake, insluitend finansies;
- Siekes tuis en/of hospitaal te besoek;
- Dankoffer insameling;
- Uitbreiding van kleingroepe;
- Versorging van bejaardes en persone met spesiale behoeftes in samewerking met die Liefdesdiens.
9 Blokke
Elke area bestaan uit drie blokke met ‘n diaken as blokleier van wie die volgende verwag word:
- Hou kontak met dienswerkers en vergader minstens een keer per kwartaal as span.
- Doen kwartaalliks verslag oor bloksake aan die arealeier.
- Besoek huisgesinne waar daar nood is en gee, waar nodig, inligting deur aan die arealeier.
- Besoek elke besoekpunt in die blok minstens een keer per jaar (huisbesoek).
- Besoek nuwe intrekkers en gee hulle besonderhede aan die arealeier en skriba.
- Besorg inligting- en uitdeelstukke aan die dienswerkers.
- Gee inligting oor kerksake wat hulle moet hê deur aan die dienswerkers.
- Reël vir plaasvervanger-dienswerkers.
- Samel dankoffers in, deel inligtingstukke uit en besoek gesin/enkelinge waar nood is in buurte waar daar nie dadelik vir aflos- of plaasvervangerdienswerker gereël kan word nie.
- Reël die opneem van kollektes gedurende eredienste.
± 50 Buurtes
Elke blok is in tussen 5-7 buurtes verdeel met tussen 4-8 besoekpunte elk. Aan elkeen is ‘n gewillige lidmaat as dienswerker toegeken wat die volgende doen:
- Hou kontak met buurtlede
- Ontvang die maandelikse dankoffers van buurtlede en betaal dit aan die blokleier oor.
- Besoek nuwe intrekkers in die buurt en stel vas of hulle NG-lidmate is.
- Gee besonderhede van nuut ingetrekte lidmate aan die blokleier.
- Versprei inligtingstukke soos Vleiloerie, onder buurtlede.
- Besoek en bemoedig buurtlede in nood (bv siekte, dood, finansies ens) en rapporteer aan die blokleier.
- Gee terugvoer oor kerksake aan buurtlede.
Diensgroep vir Jeug
Doelwitte
- Om alle kinders in die gemeente by kategese klasse, die eredienste en aanbyeenkomste te hê.
- Om die jeug van die gemeente deur middel van deurlopende bemoeienis te lei tot ‘n persoonlike verhouding met Jesus.
- Om deur gereelde gesinsbyeenkomste gesinne te lei en te ondersteun om God te aanbid as ‘n eenheid.
- Om jongmense, gr 10 en ouer, in ‘n eie groep saam te snoer.
- Om met doelgerigte programme deur die jaar die kinders toe te rus met lewensvaardighede.
- Om jaarliks die goedgekeurde kategese silabusse vir die onderskeie klasgroepe met die kinders deur te werk.
- Om deur gereelde opleiding te verseker dat daar voldoende opgeleide kategete is vir al die kategese klasse.
Diensgroep vir Vroue/Liefdesdiens
Doelwitte
- Om te sorg vir die toerusting en welsyn van vroue in die gemeente en om voorlopig, totdat ‘n aparte diensgroep vir toerusting geskep word, die aandag van diensgroepleiers te vestig op toerustingsbehoeftes wat in die gemeente mag onstaan.
- Om te poog om soveel as moontlik vrouelidmate aktief betrokke te kry by kerklike werksaamhede.
- Om kontak binne Ringverband met ander NG Gemeentes se vroue te soek.
- Om uit te reik na vroue van ander denominasies.
- Om saam te werk met die hoofbestuur vir Vrouelidmate van die NG Kerk en hulle finansieël en met hulle projekte te ondersteun waar moontlik.
- Om nie net aan behoeftiges kospakkies te gee nie, maar werklik omgee te bewys.
- Om ook aan behoeftige leerlinge van Sedgefield Laerskool elke dag toebroodjies te voorsien en waar moontlik te help indien hulle klere of fondse nodig het vir sport en ouers dit nie kan bekostig nie. Ons liefde moet dade word.
- Om een maal per maand die bejaardes van Sedgemeer Park te bedien met verversings en saam met hulle musiek te luister en saam te sing.
- Om vir ons polisie- en brandweermanne 2 maal per jaar kospakkies te gee om ons waardering vir hulle werk te toon en om hulle gereeld te besoek.
- Om voort te gaan om saam met Anchusa te werk om 1 sop beurt per jaar te hê en 1 maal per maand vir hulle pannekoek te bak.
- Om voor en na roudienste/begrafnisse verversings aan families te voorsien asook bystand te verleen.
- Om hulp aan siekes te verleen en waar moontlik ook etes te voorsien.
- Om ook die beursfonds finansieel te steun.
- Om ons matrikulante sterkte toe te wens met eksamen deur ‘n kaartjie aan hulle te gee.
- Om een keer per jaar ons geslypte diamante bo 65 jaar te bederf met ‘n heerlike ete en nagereg.
- Om weer ons eie 70 jariges en ouer te nooi om een Donderdag per maand gesellig by ons kerksaal bymekaar te kom en net die dag saam met ons te geniet. Wil dit graag ‘n weeklikse byeenkoms maak.
Diensgroep vir Kleingroepe
Doelwitte
- Om die getal kleingroepe deur deurlopende aanmoediging en skakeling met persone te laat groei.
- Om deur deurlopende skakeling met kleingroepe hulle behoeftes aan hulp en leiding te identifiseer en te verskaf.
- Om in samewerking met area- en blokleiers buurtes te motiveer om as omgeegroepe te funksioneer.
- Om gesamentlike kleingroepbyeenkomste (familiebyeenkomste) te reël soos en wanneer nodig.
Diensgroep vir Getuienis en Ekumene
Doelwitte
1. Getuienis
Betrokkenheid by instansies/persone
Die werkgroep identifiseer sendelinge en instansies wat deur ons gemeente ondersteun kan word (geldelik maar ook deur voorbidding en skakeling), en hulle word ook genooi om by die gemeente besoek af te lê en hulle werk bekend te stel. So kan die gemeente ook weet wie hulle ondersteun en hoe hulle vir elkeen voorbidding kan doen.
Persone en instansies wat tans ondersteun word, sluit in:
- Good News-ZA
- FEBA Radio
- Die Hoffmans in Indië
- Geopende deure
- Die Schumanns in die Bo-Kaap
- Masithandane – Hug House
- The Living Cornerstone (TLC)
- Bibles 4 Believers/Harvesters Ministries
Gemeenskapsprojekte
‘n Lys van gemeenskapsprojekte in Sedgefield en omgewing is opgestel. Die lys word gereeld bygewerk en aan die gemeente voorgehou. Wanneer ander gemeentes in Sedgefield ‘n projek van stapel stuur, word dit in die Vleiloerie bekend gemaak. Die doel bly steeds om saam met ander gemeentes te werk om Christus se liggaam in die gemeenskap te wees.
2. Smutsville
- Skakeling met VG kerk
- Ander projekte
Daar is verskeie projekte van ons eie gemeente en ander projekte wat deur ons ondersteun word, bv. finansiële hulp en persoonlike ondersteuning vir individue met besondere behoeftes wat geen ander steunstruktuur het nie; samewerking met Masithandane in die Cherish projek en voedingskema.
3. Ekumene
Hierdie diensgroep beywer hom daarvoor dat daar ‘n verteenwoordiger/verteenwoordigers van ons gemeente by elke bona fide interkerklike byeenkoms (d.w.s waarvan op die kerkleiers-WhatsAppgroep kennis gegee word) sal wees. Samewerking en skakeling met alle gemeentes word as ‘n primêre aspek van ons kerkwees beskou.
Diensgroep vir Geboue en Toerusting
Doelwitte
- Die maak van ‘n kwartaallikse voorraadopname van alle roerende bates.
- Die jaarlikse omskrywing van alle onroerende bates.
- Die saamstel voor die einde van die finansiële jaar van ‘n voorkomende instandhoudingslys.
- Die saamstel en in detail beplanning en prioritisering voor die einde van elke finansiële boekjaar van ‘n lys van verbeteringe.
- Die saamstel en in detail beplanning en prioitisering voor die einde elke finansiële boekjaar van ‘n lys van nuwe projekte.
- Die jaarlikse begroot van ‘n realistiese bedrag vir die kostes van onvoorsiene bates.
- Die jaarlikse saamstel van ‘n finansiële begroting volgens prioriteite.
Diensgroep vir Kommunikasie
Doelwitte
- Om deur middel van multimedia die gemeente tydig in te lig oor gebeurlikhede binne die gemeente.
- Om die gemeente ook ingelig te hou oor onbeplande gebeurlikhede binne en buite die gemeente.
- Om te skakel met ander diensgroepe om sodoende inligting te bekom en in die gemeente te versprei.
- Om die eenheidsgevoel binne die gemeente te behou en te verbeter.
- Om effektiewe kommunikasiekanale te skep tussen al die strukture en die gemeente.