Gemeenskapsprojekte

Gemeenskapsprojekte in en om Sedgefield

The Living Cornerstone

The Living Cornerstone is ‘n organisasie wat mense met Alzheimer se siekte in ‘n huislike omgewing versorg en ondersteun.  Die doelwit is om ‘n liefdevolle, veilige omgewing te skep waar alle inwoners se waardigheid en onafhanklikheid sover moontlik bevorder word, ongeag ras, kleur, of geloofsoortuiging. Daar is tans 3 huise (12 Swift Street, 18 Swallow Street, 14 Bluegill ave) in Sedgefield. Sowat 22 inwoners ontvang 24 uur versorging en daar is ‘n waglys wat steeds aangroei.  Dit is duidelik dat daar ‘n dringende behoefte bestaan aan versorging van Alzheimer pasiënte wat nie privaat versorging kan bekostig nie.  Raadpleeg die Facebookblad vir volledige inligting en ‘n goeie oorsig.

https://www.facebook.com/thelivingcornerstonesedgefield/

Kontaknommer: Tel 044 343 1099

Sedge Mobile Meals

Sedge Mobile Meals voorsien maaltye aan diegene wat nie self kan kosmaak of hulleself van kos voorsien nie.  Die maaltye word drie dae per week voorberei en versprei. Dit is ‘n gemeenskapsprojek wat steun op hulp van verskeie kerke en diensorganisasies.

Sedge Mobile Meals staan onder beheer van ‘n toegewyde komitee bestaande uit ‘n Voorsitter, Sekretaris, Tesourier, “Fundraiser” en 2 ander komiteelede

Inligting verkrygbaar op die Facebookblad:

https://www.facebook.com/SedgeMobileMeals/

ACTS Rondevlei Learning Centre

Wetlike Status: No. IT 1115/2008/PMB

PBO (Public Benefit Organisation) No: 930030008

School for at risk children

Mission:  to assist primary school children who are unable fit into a main stream education system, by teaching them through an alternative educational program. RLC offers the children computer skills, practical education, counselling, life skills, agricultural skills, chicken farming, sport and music… skills for a sustainable future. 

RLC has established a school providing for children with learning difficulties due to environmental factors. These children come mostly from dysfunctional families and are not catered for in a traditional schooling system. Without intervention, there is a high risk of these children ending up in conflict with the law. 

The project has a boarding facility for high risk children who have been identified by the school system and social workers as difficult to teach. All of the children come from the areas surrounding Sedgefield, Western Cape. 

Kontaknommer: 084 443 2872

Inligting en nuus op Facebookblad:

https://www.facebook.com/actsrondevlei/?ref=page_internal

Martie Rooi se Noodhulp-aksie

Uit koerantberig: Rooi is well known for the tireless work she does as a Red Cross nurse in the communities of Sedgefield.  In an interview she said, “The people of Smutsville are not as they seem. The rise in crime also does not help. And I know it’s so much easier for people to isolate themselves, each in their own corner. Yet I know both sides of the coin. I see the people of Sedgefield always coming to aid those who are not able to do so for themselves. And as a result of that generosity I am able to help those who need me, at any hour and do what I have been called to do.”

Martie Rooi werk saam met Masi­thandane om mediese hulp te verleen aan mense wat nie by klinieke of hospitale kan uitkom nie. Sy is die eerste toevlug van elkeen in Smutsville wat in die nood is en nie net met pyne en kwale – of messteke en ander wonde – nie. Sy het by haar huis ‘n “Arbeidburo” gestig waar mense ‘n nota met hulle vaardighede en kwalifikasies kan inhandig en waar werkgewers kan kom soek na werkers wat by hulle behoeftes pas. Sy bedryf ‘n sopkombuis wat vir menige mense sonder inkomste ‘n uitkoms is.  Sy het ‘n groep jongmense gemobiliseer om gereeld opruimingsaksies in die omgewing te loods…

Martie is egter ook by soveel ander gemeenskapsprojekte betrokke dat daar maklik ‘n hele bladsy aan bestee kan word.

Good News ZA

Good News ZA is ‘n kinderbediening wat deur ‘n Nederlandse egpaar, Theo en Jinke de Jong,  in Karatara gestig is. Hierdie is ‘n besondere uitreikprogram wat die hele gemeenskap van die omgewing bedien. Besonderhede kan verkry word van Ds Marius Coetzee en op die Facebookblad:

https://www.facebook.com/goodnewsza/

Masithandane

Masithandane is ‘n besonder omvangryke organisasie en dit is moeilik om ‘n kort geheeloorsig te gee.  Die geselekteerde programme wat hier genoem word, is dié waar daar veral van vrywillige medewerkers gebruik gemaak word en ook die wat steun op bydraes van die gemeenskap. Befondsing vir groter projekte word gewoonlik in die buiteland verkry.

Versorging van kinders

Kleuterskool: Ikhaya Lemfundo  (The place of learning) Vroeë kinderontwikkelingsentrum

Cherish – Program vir mishandelde kinders, onder leiding van Reverend Ginny Viner.

Beurse wat aan leerders toegeken word, sluit die volgende in: koshuisgelde, skooluniforms, vervoer, toiletprodukte.

Voeding

Kospakkies: bestaan uit eiers, stapelvoedsels soos rys en stampmielies, tee, koffie, suiker en varsprodukte soos kool en wortels.  Gemiddeld 150 kospakkies word elke kwartaal versprei aan  180 mense.

Varsprodukte: vars vrugte en groente (gemiddeld 60 pakkies) word elke Maandag verskaf aan pasiënte met immuungebrek.

Maaltye word daagliks vir 50+ persone gekook

Onderrig en opleiding

Geletterdheidsprojek (leesondersteuning) by Smutsville Primêre Skool.

Opleidingsprojekte bv Mosaiekprojek – deelnemers word onderrig in die ontwerp en maak van gebruiksartikels en kunswerke .  die projek beoog om onderrig en opleiding te verskaf, werksgeleenthede te skep, en kunstenaars te ondersteun en te mentor op praktiese en finansiële gebied.

Inligting is beskikbaar op die webblad

https://www.masithandane.org

en op die Facebookblad

https://www.facebook.com/masithandane.org/

FreshStart

FreshStart Sedgefield is ‘n nie-winsgewende organisasie wat nuwe moontlikhede vir kinders en hulle gesinne wil skep: “by giving them a hands-up instead of handouts, encouraging them to a fresh start in life”. Die Smutsville Recycle SwopShop is hulle hoof bemagtigingsprojek. Kinders versamel herwinbare materiaal (soos plastiekbottels en blikkies)  wat hulle by die Swop Shop kom inhandig om “koopbewyse” te verdien. Met die koopbewyse kan hulle in die winkel ‘n groot verskeidenheid items “koop” – van toiletware en lekkergoed tot klere en, vir die wat lank genoeg geduldig kan opspaar, selfs iets soos ‘n fiets. “In a practical yet fun way, the kids learn the value of effort and perseverance, while developing confidence and self-respect”.

Daar is inspirerende berigte en foto’s op die Facebookblad:

https://www.facebook.com/FreshstartatSedgefield/