Hospice, Sedgefield het hulp nodig. Hulle benodig vrywilligers wat kan help as winkelassistente. Dit behels om items op die rakke te pak, die winkel skoon te en netjies te hou en ook kliente te help wat by die winkel inkom.
Indien u voel dat u kan help, kan u by die winkel kom draai, regoorkant Spar (aan die ander kant van die N2) of u kan vir
Michele McKenzie kontak by 044 343 1722, dis Hospice se nommer.
U hulp sal help om finansies vir Hospice beskikbaar te stel wat hulle gebruik om pasiënte te help.