Koinonia Sinode ‘wil behoudendes toerus’

Hierdie is ‘n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Henrietta Klaasing, namens Kairos Netwerk Dagbestuur, skryf: Die Koinonia Sinode (KS) word beplan deur Kairos Netwerk se Werksgroep vir DV 3 tot 4 Mei 2023 by Ingwe Guest Lodge, Vanderbijlpark in Gauteng.

Dit is ’n amptelike vergadering wat konstitueer met verteenwoordigers van NG kerke wat getrou is aan die Bybel en ons gereformeerde belydenisse, en wat hulle kerkraad met ’n geldige geloofsbrief verteenwoordig. Besoekers uit ander gemeentes en denominasies wat die atmosfeer, die heiligheid en ordereëlings van hierdie vergadering respekteer, is ook welkom om die verrigtinge by te woon.

Lees meer