Opsomming van ons Jeugaand Vrydag

Wat doen die Heilig Gees ?

PADKAART

Wanneer ons op vakansie of uitstappie of iewers heen gaan waar ons nog nooit was nie..wat gebruik ons om ons te help?

‘n Padkaart 

Wat doen die kaart?

Dit wys vir ons presies wat ons moet doen om daar te kom, watter pad om te ry en waar ons moet draai en stop.

En dit is presies wat die Heilige Gees in ons lewens doen as ons ons harte vir die Here gee. 

Aktiwiteit: Ons het n hindernis baan gebou met verskillende tekens en opdragte, waar om te stop, te draai, stadig, hardloop, spring bo oor of kruip onder deur. En die kinders het dit vreeslik geniet. By elke stop teken was daar n bybelvers wat hulle eers moes lees voor hulle kon aan beweeg.