POPIA wetgewing

Ons het u toestemming nodig

Weens die inwerkingstelling van die POPIA wetgewing vanaf 1 Julie 2021, word daar van kerke vereis om gemeentelede se persoonlike inligting veilig te bewaar. Daarby saam moet elke gemeentelid eers toestemming gee vir elke soort boodskap wat die kerk aan die lid mag stuur. Die kerk het dus u toestemming nodig in die vorm van ‘n dokument wat elke lid moet invul en teken. Daar is tans 2 vorms wat ingevul moet word. Een vorm wat die kerk toestemming gee om u persoonlike inligting te mag gebruik en die tweede vorm wat spesifiek handel oor toestemming om boodskappe aan u te stuur en u naam op die verjaardsdaglysie te plaas van die kerkblaadjie.

Die onderstaande vorm kan afgelaai en gedruk word. Die ingevulde vorm kan dan aan die kerkkantoor gestuur word deur te e-pos aan kantoor@ngksedgefield.co.za.

POPIA vorm >