POSISIE:  LERAAR ADMINISTRATIEWE ASSISTENT

DOEL VAN POSISIE:                      

  • Om die leraar se werkslading te optimaliseer deur die leraar met administratiewe take by te staan sodat hy sy Herderlike en gemeentelike pligte doeltreffend kan uitvoer.

PLIGTE:

  • Gebruik en byhou van lidmaatregister met kontakbesonderhede (interaksie met Skriba ten opsigte van lidmaatregister)
  • Identifiseer saam met leraar hoofaktiwiteite van leraar en ander amptenare se werksaamhede vir organisatoriese doeleindes
  • Ontwikkel ’n ondersteuningsmeganisme om effektiewe voorbereiding en aksies van hooftake op tyd tot uitvoering te bring   
  • Ontwikkel en byhou van dagboek van leraar se gemeente-aktiwiteite
  • Ontwikkel en byhou van relevante gemeente omgewingsinligting
  • Verseker roetes en afspraak integrasie ten einde optimalisering van leraar se dagtaak te bewerkstellig
  • Verslag van leraar beskikbaarheid (maandeliks) (Byhou van statistiek soos benodig)
  • Identifisering en voldoening aan vertroulikheidsbesoeke/inligting (Vertroulikheid moet ten alle tye gehandhaaf word)
  • Verstaan en toepassing van POPI-wetgewing
  • Verleen hulp ten opsigte van tyduiteensetting
  • Skep van positiewe beeld om die Herder/kudde beginsel toe te pas
  • Byhou van notules soos benodig
  • Beskikbaarstelling van geskrewe dokumentasie aan leraar soos benodig
  • Ander relevante pligte soos geïdentifiseer mag word

KENNIS/VAARDIGHEDE:

  • Rekenaargeletterdheid – MS Word, Excel, PowerPoint en Outlook
  • Organisasie
  • Moet onafhanklik kan werk
  • Goeie menseverhoudinge
  • Mondelinge kommunikasie
  • Spanwerk
  • Positiewe gesindheid
  • Betroubaarheid
  • Analitiese vermoë
  • Vertroulikheid kan handhaaf
  • Optimaliseringstegnieke
  • Verstaan van basiese Kerkorderiglyne
  • Kerklike metodes verstaan/Struktuur van NG opset verstaan
  • Interaksie/netwerk met ander gemeente administratiewe amptenare
  • Skriba bystaan soos benodig en met goedkeuring van Leraar

Kwalifikasies/Ondervinding:

  • Matriek (Graad 12)
  • Verkieslik minimum 2 jaar administratiewe ondervinding

Werksure:

  • Maandae tot Donderdae (09:00 – 13:00)
  • (Aangesien die pos ’n ontwikkelingspos is, sal die werksure met die kandidaat onderhandel word.)

Vergoeding/diensvoordele:

  • ± R7100,00 per maand (R85200,00 per jaar)
  • Jaarlikse bonus (13de tjek)
  • Jaarlikse verlof van 3 weke (15 werksdae)
  • Siekteverlof van 30 werksdae in ’n 3 jaar tydperk
  • Werkloosheidsversekeringsdekking

Ander:

  • Moet lidmaat van NG Kerk gemeente wees. Moet voldoen aan Karatara/Sedgefield se kerklike beleid.

Aansoeke:

Sluitingsdatum: 

  • Adverteer vir 10 werksdae
  • CV’s verkieslik nie meer as drie A4-bladsye nie